Community galleriesGalleries

Centurion vier Renosterfees by Voortrekkermonument

Die fees het die gesogte Rietvallei Fiets Kaskenades (RFK) asook Wêreld Renosterdag ingesluit.

Die Rietvallei Voortrekkerkommando het onlangs ’n opwindende Renosterfees by die Voortrekkermonument gehou.

Die fees het die gesogte Rietvallei Fiets Kaskenades (RFK) asook Wêreld Renosterdag ingesluit.

Die geleentheid het meer as 430 kinders regoor Pretoria en omliggende gebiede getrek.

Rietvallei Voortrekkers het reeds sedert 2016 die organisasie “Care-for-Wild” aangeneem as hul omgeeprojek en poog om dit geldelik met geldinsamelings, soos deur Renoster JOOR (“Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Renosters”) te ondersteun.

Die oggend het begin met al die kinders wat ’n optog met hul “red die renoster”-baniere of verfraaide fietse na die hoofingang van die Voortrekkermonument onderneem het.

LEES OOK: Rietvleidam se renosters veiliger danksy gholfavonturier

Daar is ook ’n nuwe Voortrekkerlied van stapel gestuur, wat die Voortrekkerkinders se liefde vir land, avontuur, natuur en veral die renoster weerspieël.

Generaal Johan Jooste van Sanparke asook Petronél Niewoudt van “Care-for-Wild” het gesels oor hul onderskeie organisasies se stryd teen renosterstropery.

Die Ereveldwagters Vereeniging het ’n uitstalling gehou en die spoorsnyvernuf van “Stoffel”, een van die Kruger Nasionale Park se teen-stropingspoorsnyhonde ten toon gestel.

LEES OOK: Hy rits rond vir renosters

Die kinders het die res van die dag heerlike fietsrypret gehad deur die hindernis- en modderbane of fietsmarathons aan te durf, boeresport te hou of geleer is oor hoe om jou fiets te versorg en te onderhou.

Verskeie kompetisies het plaasgevind waar individue of spanne pryse vir die mooiste fietse verfraai as renosters; renoster-baniere; inkleur- en skilderkompetisies gewen het.

’n Veiling is ook gehou ten bate van “Care-for-Wild”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button