Lentefees bederf vir bejaardes in die noorde

Bejaardes by Residentia Hermon tehuis in die noorde het lente behoorlik ingewy.

Bejaardes van die Residentia Hermon tehuis in die noorde van Pretoria het behoorlik fees gevier op lentedag.

Inwoners van die tehuis is op Vrydag 1 September bederf met musiek van talentvolle kunstenaars soos Chris Else, Ettienne van Staden en Karin Bekker.

“Ons mense het die geleentheid vreeslik geniet, hulle kan nie uitgepraat raak oor die wonderlike kos, en spesiale bederfdag wat vir hulle gehou is nie,” sê Neels van den Berg, bestuurder van Residentia Hermon tehuis.

Die doel van die feesviering was om lente te vier, om ’n nuwe begin te verwelkom en om al die inwoners ’n spesiale dag te gee.

LEES OOK: Lente-tee vir die oudstes

“Ongeveer 104 bejaardes van die tehuis het die geleentheid bygewoon, so daar was nie plek vir ’n muis ekstra nie.”

Die tehuis hou gewoonlik ’n lentebraai maar het vanjaar besluit om al 104 gaste te bederf met ’n lieflike drie-gang aansitmaaltyd wat in hul eie kombuis voorberei is.

Inwoners het lekker saamgesing, geëet en gekuier en sal nie sommer 2017 se lentefeesviering vergeet nie.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version