Kaleidoskoop betower gehoor by album vrystelling

Talle het gestroom na sang-duo Kaleidoskoop se nuwe album vrystelling.

Kaleidoskoop het hul nuuste album die afgelope naweek by die Atterbury-teater bekend gestel.

Dit is die sang-duo se eerste album in vier jaar.

Hulle spog reeds met drie albums en ’n DVD en nou sien hulle splinternuwe album, Gunsteling Seisoen, ook uiteindelik die lig.

“Ons hoop en glo, met 11 nuwe oorspronklike liedjies uit ons albei se penne asook twee Engelse verwerkings van bestaande liedjies, dat dit die lang wag werd gaan wees,” het Kaleidoskoop in ’n vorige ondershoud met Rekord gesê.

Die geleentheid was informeel met ’n Great Gatsby tema.

Die groep het ’n hele orkes as deel van hul vertoning gehad, wat die skare omtrent vermaak het.

Konsertgangers is ook met ’n video bederf wat die duo se reis en avonture in die maak van die nuwe album dokumenteer en verduidelik waar hul idees vandaan kom.

Kaleidoskoop lede Jouba en Anique Jordaan.Photo: Ramaupi Makgoo
Photo: Ramaupi Makgoo
David de Villiers en aktrise Nadia Beukes. Photo: Ramaupi Makgoo
Kaleidoskoop lede Jouba en Anique Jordaan. Photo: Ramaupi Makgoo
Sang-duo Jouba en Anique Jordaan.Photo: Ramaupi Makgoo

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version