GalleriesSchools galleriesSports galleries

Garsies klop Klofies in klipharde skole-derby

Garsfontein het gewys dat hul oorwinning verlede jaar oor hul buurskool, Waterkloof, nie ’n vloekskoot was nie. Hulle het Waterkloof Saterdagmiddag in ’n klipharde stryd in die Beeldtrofee rugbyreeks wéér geklop.

Die Hoërskool Garsfontein het die groot Ooste skole-derby Saterdag teen hul bure, Hoërskool Waterkloof, in ’n spannende stryd naelskraaps met 27-25 op hul tuisveld gewen.

Byna 5000 toeskouers het op Garsfontein se sportgronde byeengekom om dié skouspel gade te slaan.

Dit was maar die tweede keer in die geskiedenis van rugbywedstryde tussen dié twee spogskole dat Garsfontein met Waterkloof kon afreken, nadat hulle verlede jaar ook dié derby gewen het.

Maklik was dié oorwinning beslis nie. Trouens, die wendrie deur Garsfontein se loskopstut, Bees Ferreira, is eers twee minute voor die eindfluitjie gedruk, nadat Waterkloof voorgeloop het sedert hulle halfpad deur die eerste helfte die voortou geneem het.

Die twee spanne het elk drie drieë gedruk en die enigste verskil tussen hulle was die feit dat Waterkloof se losskakel, Willie Ludick, een van sy span se drieë nie kon verdoel nie. Ludick was egter Waterkloof se beste speler en dit sal onregverdig wees om hom vir die nederlaag te blameer. Hy het 20 van sy span se 25 punte aangeteken.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button