Community galleriesGalleries

Minnie Muis kom kuier

Minnie Muis kom kuier vir kinders by 'n pretpark net voordat die skole weer begin.

‘n Pretdag was Saterdag vir kinders van alle ouderdomme voor die skole weer begin gehou. Die dag het by die Fantasia Country Range and Theme Park in die noorde van Pretoria plaasgevind.

Volgens Riana Roux hou sy elke Saterdag ’n pret dag vir kinders waar daar iemand spesiaal kom kuier.

Saterdag het Minnie Muis haar verskyning gemaak. Die dag het ook bestaan uit boeresport en ’n waterglybaan was vir die kinders beskikbaar om op te baljaar.

Ouers kon piekniekmandjies bring en rustig onder die bome verkeer terwyl die kinders speel.

Roux sê dat haar besigheid al ‘n jaar lank bestaan en sy die pret dae baie geniet.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button