Die Padda Prins vermaak kleuters

Die Padda Prins vertoning het vermaaklikheid in die Moot geskep.

‘n Kinderproduksie is Saterdagoggend by die Pierneef-teater in die Moot aangebied.

Die Padda Prins en sy maats is deur Weekidz Produksies op die planke gebring.

Weekidz Produksies is ’n produksiemaatskappy wat elke vakansie vir kinders verskeie produksies aanbied.

Jopie McConnell, bestuurder van die Pierneef-teater het gesê die produksie was ’n groot sukses en dat die kinders dol daaroor was.

Die vertoning het die kinders aan die akteurs se lippe laat hang.

Daar was ook ’n pouse waar ouers lekkernye en koeldranke kon koop.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version