Community galleriesGalleries

Kansa-tee salueer kankerversorgers

Dié kuierdag is ten bate van Kansa en was propvol inspirasie met Paralimpiese swemmer Emily Gray wat haar hartroerende verhaal gedeel het.

Rooi Rose se jaarlike Kansa-tee was weer vanjaar ‘n sukses. Plaaslikes en bekendes het die glans en swier spogfunksie by St. George’s Hotel geniet. Dit aangebied in samewerking met SPAR.

Vanjaar se vrolike tema, “My SPAR, my land, my rooi rose”, is weerspieël in die tafelversierings en kleurryke uitrustings. Bekende persoonlikhede wat die geleentheid bygewoon het is Amore Bekker, Rolanda Marais, Anel Alexander en Mev Suid-Afrika 2015, Sarah-Kate Scott. Hulle het hul beste modevoetjies voorgesit met elegante somerrokke.

Dié kuierdag is ten bate van Kansa en was propvol inspirasie met Paralimpiese swemmer Emily Gray wat haar hartroerende verhaal gedeel het.

Gewilde Pretoria sanger Dewald Wasserfall se sielvolle stem en die talentvolle klanke van Tukkies manskoshuis Mopanie se serenade-groep het die sowat 1 700 gaste vermaak.

Ons kon egter nie help om die donkerbril op te merk nie. “Hy was vir ‘n laser-operasie om sy sig te verbeter en moet dié bril vir so week dra,” het sy reklameagent, Jenny Griesel gesê. Dewald herstel tans tuis voor hy in November op die Afrikaans is Groot verhoog te sien sal wees.

Elize Joubert, waarnemende hoofuitvoerende beampte van Kansa, het vanjaar se tee aan alle kankerversorgers opgedra. “Die welsyn van ’n versorger is net so belangrik as dié van die oorwinnaar vir wie hulle omgee. Ons salueer hulle.”

 

 

See who attended here:

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button