Gemeente vier eerste verjaarsdag

Inwoners van die noorde het Saterdag na die Lewende Woord in Montana gestroom vir die kerk se eerse verjaarsdagvieringe.

Lewende Woord Montana het Saterdag hul eerste verjaarsdag saam met hul nuwe leeraarspaar, Mario en Marlene Steyn, gevier deur ’n familiedag en potjiekoskompetisie op die terrein te hou.

Inwoners van die noorde het na die kerk gestroom om die verskeie kraampies en aktiwiteite te geniet.

Besoekers kon pannekoek en ander lekkernye geniet en aan die boeresport en toutrek deelneem.

Verskeie sportmanne het hul getuienisse in die kerk se ouditorium gedeel en ’n bokskampioen van Pretoria het ook sy eer as bokser van die jaar met bewonderaars gedeel.

Die potjiekoskompetisie was ook ’n reuse sukses met ’n klompie besighede uit die omgewing wat daaraan deelgeneem het.

Deelnemers aan die potjiekoskompetisie is nie net aan hulle potjie beoordeel nie, maar ook onder meer aan die voorkoms van hul stalletjie en hul unieke kleredrag.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version