Louis van den Berg van Laerskool Stephanus Roos in aksie teen Laerskool Monument Park.
Die jaarlikse amptelike Bulletjierugbydag, wat tradisioneel deur Vodacom geborg word, is Saterdag met ekstra entoesiasme op Loftus Versfeld aangebied.
Vanjaar se Bulletjiedag was ’n besondere mylpaal vir die vorm van rugby, omdat dit die 21ste agtereenvolgende Bulletjiedag was.
Meer as 5 000 Bulletjies tussen die ouderdom van 5 en 9 het op Loftus Versfeld se B-, C- en D-velde saamgedrom om deel van die aksie te wees. Hulle is luidkeels ondersteun deur byna dubbel soveel ondersteuenrs.
Vir spelers in hierdie ouderdomsgroep is Bulletjierugby ‘n geleentheid om rugbyvaardighede aan te leer sonder die risiko van beserings wat uit kontak voortspruit, omdat hulle nie kontakrugby speel nie.
Elke speler word toegerus met ‘n band wat om sy middellyf vasgemaak word, waaraan materiaal-stroke met “velcro” vasgeheg word. Verdedigers moet dus probeer om die materiaalstroke af te ruk en sodra ‘n speler een van sy stroke verloor, moet hy die bal uitgee.
Reynardt Marais van Laerskool Rayton lê oop doellyn toe, terwyl sy spanmaats gereed sis om te ondersteun.
Jayden Heyns van Laerskool Skuilkrans in aksie teen Laerskool Pretoria-Oos.
Kyk net so hoe hardloop ‘n toekomstige Bloubul vleuel. Hierdie aksie kom uit die wedstryd tussen Rooihuiskraal se o.8 Bulletjies teen hul eweknieë van Rustenburg.
Cyril Potgieter van Laerskool Rachel de Beer in aksie.
Ian Bezuidenhout van Laerskool Rustenburg op die aanval teen Laerskool Rooihuiskraal.
Dylan Botha van Laerskool Queenswood lê rieme neer doellyn toe in sy span se wedstryd teen Laerskool Simon Bekker.
Shandor van der Westhuizen van Simon Bekker in aksie.
Zak Behrens van Midstream Kollege in aksie.
Josh Edwards van Laerskool Swartkop soek vir ‘n aping in die verdedigingslinie.
Daar is gewoonlik geen gebrek aan ondersteuning langs die veld vir die jong Bulletjies nie.
‘n Man kan ook nie heeldag net rugby speel nie. Veral nie as daar ‘n aanlokloike sandput reg langs die rugbyveld is nie. Hier is Bulletjies van Tuinrand Laerskool besig om ander afleiding te soek.
‘n Bulletjie van Laerskool Monumentpark in aksie.
Dis nie net die seuntjies wat hul gate uit geniet op Vodacom se Bulletjiedag nie. Hier is Marilana Botha in aksie vir die Westerlik Bulletjiespan.
Loftus Versfeld se B-, C-, en D-velde was Saterdag weer ‘n miernes van bedrywighede by die jaarlikse amptelike Bulletjierugby dag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!