GalleriesSchools galleriesSports galleries

Amptelike Bulletjiedag vier mondigwording

Meer as 5 000 ondersteuners het vanjaar se Bulletjiedag by Loftus bygewoon.

Die jaarlikse amptelike Bulletjierugbydag, wat tradisioneel deur Vodacom geborg word, is Saterdag met ekstra entoesiasme op Loftus Versfeld aangebied.

Vanjaar se Bulletjiedag was ’n besondere mylpaal vir die vorm van rugby, omdat dit die 21ste agtereenvolgende Bulletjiedag was.

Meer as 5 000 Bulletjies tussen die ouderdom van 5 en 9 het op Loftus Versfeld se B-, C- en D-velde saamgedrom om deel van die aksie te wees. Hulle is luidkeels ondersteun deur byna dubbel soveel ondersteuenrs.

Vir spelers in hierdie ouderdomsgroep is Bulletjierugby ‘n geleentheid om rugbyvaardighede aan te leer sonder die risiko van beserings wat uit kontak voortspruit, omdat hulle nie kontakrugby speel nie.

Elke speler word toegerus met ‘n band wat om sy middellyf vasgemaak word, waaraan materiaal-stroke met “velcro” vasgeheg word. Verdedigers moet dus probeer om die materiaalstroke af te ruk en sodra ‘n speler een van sy stroke verloor, moet hy die bal uitgee.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button