Glans, inspirasie en hope pret was aan die orde van die dag toe vroue van regoor Pretoria Saterdagoggend by die jaarlikse Bridge of Hope se Bubbles & Bling-vrouedag gekuier het.
Die vroue het van vroeg af reeds by Union Caterers in Lynnwoodweg bymekaar gekom om hul ondersteuning vir die Hanna Liefdadigheids- en Bemagtigingstigting te wys.
Die gaste kon hulle vroegoggend hier by ‘n mark besig hou voordat die glansryke funksie, met bekendes soos Hanna Grobler, Paul Rothmann en Candice Boucher afgeskop het.
Befaamde akteur, Marlon Roelfze, het die vroue geselskap gehou en Elvis Blue het hulle met sy sangtalent bekoor terwyl hulle ‘n heerlike ete geniet en aan drankies geteug het.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.