Kleure van musiek vir Kaleidoskoop se nuwe DVD

Kaleidoskoop het hul nuuste DVD Acoustic Covers by Atterbury Teater bekendgestel.

Die duo, Kaleidoskoop, het onlangs weer die gehoor se hartsnare gepluk tydens die bekendstelling van hul nuuste DVD Acoustic Covers by the Atterbury-teater in Pretoria.

Jouba Jordaan en Anique Jordaan is miskien nie familie nie, maar hulle deel beslis ’n passie vir musiek. Met hul nuutste DVD het hulle nuwe kleure aan alreeds bekende liedjies gegee soos Paul Simon seYou can call me Al en Michael Jackson se Billie Jean. Hulle was selfs teruggeroep om laasgenoemde lied weer te sing.

Tydens hierdie spesiale optrede het hulle die verhoog gedeel met bekroonde sanger Mathys Roets en Herman Steyn, violis van Sheraaz.

Kaleidoskoop bestaan uit nege lede, waarvan Jouba en Anique die hoofsangers is. Deurgaans die vertoning het die ander sewe lede op hul beurt ook hul verskyning gemaak. Die getal sewe is eintlik van pas, siende dat daar sewe kleure in ’n reënboog is en hierdie groep ’n musikate spektrum vorm. Met kleurryke harmonieë en skerp poliritmiese akoestiese instrumente kleur hulle ’n mens se lewe en drome met liefde in.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version