Hoërskool Garsfontein se rugby-ontbyt weer suksesvol
Die Hoërskool Garsfontein se jaarlikse rugbyontbyt by die Stone Cradle restaurant is vanjaar deur Nick Mallet toegespreek en deur byna 500 gaste bygewoon.
Koos Venter
Die Hoërskool Garsfontein se rugbyafrigters en -organiseerders saam met die gasspreker op hul jaarlikse rugby-ontbyt. Agter, van links staan Neels du Plooy, Willie Vorster, Gustav Theunissen, Nic Mallet, Waldo Prinsloo, Kobus Vorster, Retief Smith en Ijean Louw. In die middel is Wolla Prinsloo. Voor sit Francois de Kock, Johan de Vaal, Leon Bantjies (skoolhoof) en Drikus Viljoen.
Die Hoërskool Garsfontein is een van die hoërskole in Pretoria wat die afgelope paar jaar die grootste vordering gemaak het op die sportveld. Al die skool se rugbyspanne tel deesdae onder die bestes in hul liga en die skool se eerstespan is die afgelope seisoen gereken onder die tien beste skolespanne in die land.
Hoërskool Garsfontein se jaarlikse rugbyontbyt lok elke jaar byna 500 gaste wat kom luister na ’n bekende spreker. Vanjaar was geen uitsondering nie en die ontbyt, wat verlede Vrydagoggend by die Stone Cradle restaurant naby die Rietvlei Dam aangebied is, was weer ’n reuse sukses. Die rugbypersoonlikheid, Nick Mallet, was vanjaar die spreker.