Community galleriesGalleries

Laerskool Elarduspark wemel van tweelinge

Ses nuwe stelle tweelinge het hul skoolloopbane vanoggend by Laerskool Elarduspark begin.

Laerskool Elarduspark in Pretoria spog met ses nuwe stelle tweelingboeties en -sussies.

Dié tweelinge, waarvan net die helfte identies is, het Woensdagoggend vroeg by die skool ingestap, slaggereed vir hul eerste dag in die “groot skool”.

Ná ’n kort saalopening het elkeen ‘n kans gekry om die klok te lui om die begin van hul skoolloopbane in te lui.

Chloé de Beer, een van die nuwe graad eens, was baie skaam en het heel oggend agter haar ma se rok weggekruip, maar toe sy uiteindelik klas toe gaan, het ‘n groot glimlag op haar gesig verskyn.

Laerskool Elarduspark het terselfdertyd sy nuwe graad R-sentrum ingehuldig.

Graad 1-voog Rachel Joubert sê dit was ‘n fees om die groep van 233 nuwe leerlinge te verwelkom.

“Ons sien baie uit na hierdie nuwe leerlinge. Die kinders was so opgewonde om hier te wees vanmôre. Ons sien uit na die uitdaging wat hulle bring,” sê Joubert.

Die meeste van die graad eens het al die vorige dag hul onderwysers ontmoet, wat beteken dat die eerste dag darem nie heeltemal vreemd was nie.

Kyk hier na foto’s van Graad 1-leerders van regoor Pretoria Oos:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button