Community galleriesGalleriesNews

Dis nou maar wors

Die Innibossers het gewys dat hulle kan wors braai en het ‘n nuwe wêreldrekord opgestel vir die grootste gesamentlike kosmaak-poging.

Die Laevelders het Vrydagaand bewys dat hulle as worsbraaiers koning kraai en het ‘n nuwe wêreldrekord vir die grootste massabraai opgestel.

“As die Chinese gedink het hulle kan kos maak, het hulle nog nie gesien hoe die Suid-Afrikaners kan wors braai nie,” het Sandra Jacobs, die Innibos-fees se media- en bemarkingsdirekteur, breed geglimlag.

Die Chinese het in Desember 2013 die kosmaak-rekord opgestel nadat 2801 mense saam kos gemaak het.

Sedertdien het niemand nog die poging verbeter nie – maar die Chinese kan net nie worsvas hou by die net meer as 3 000 Suid-Afrikaners se braaitange nie.

Die Innibos-fees, wat jaarliks in Mbombela (Nelspruit) gehou word, se feestema is die jaar fees met ‘n hart  en die feesorganiseerders het besluit om  vrywillers ( dit is nou die voornemende feesgangers) in te span om te help om die braaipoging ‘n sukses te maak.

Jacobs het gesê die idee om ’n wêreldrekord op te stel is gebaar toe sy en Andy Lubbe, die uitvoerende hoof van die fees, planne beraam het oor hoe om die programbekendstellingsfunksie nog meer aanloklik vir Laevelders te maak.

Die kompetisiereëls behels kortliks dat die deelnemers binne ’n halfuur elkeen dieselfde maaltyd moet voorberei. “Om dit eg Suid-Afrikaans te hou, is besluit dat die 3 000 deelnemers elkeen ‘n boereworsrol moet maak,” sê Jacobs.

“Ons sal tot volgende week moet wag om amptelike bevestiging van Guinness World Records te kry.”

Wors is ook mos kos,” het Wouter Reyneke, baskitaarspeler van die Pretoriase rockgroep Beeskraal gesê net voordat hy ook sy stukkie wors op die kole gegooi het.

Kurt Darren het ook nie op hom laat wag nie en gebraai dat die vet spat.

Teen sesuur Vrydagaand het die braaivleisvure al hoog gebrand en teen presies sewe uur het die mense braaitange gelig en worsies gebraai. Teen halfagt was die worsies gaar en is die rekord verbeter.

Die Innibos-fees begin op 1 Julie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nusflits.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button