Local newsNews

Tshwane versnel voorafbetaalde meterbewys herkodering in gemeenskappe

Meters wat nie geherkondisioneer is teen die November-spertyd nie sal nie elektrisiteitsbewyse kan laai nie.

Die Tshwane-metro het groot vordering gemaak in die herkondisionering van voorafbetaalde meters om seker te maak dat hul aan die nuwe standaard oordrag-spesifikasie 2 (STS2) voor 24 November voldoen.

Dit is om te vermy dat meeste voorafbetaalde kliënte sonder krag en in die donker gelaat word wanneer die sperdatum verstreke is

Tans is 100% van die voorafbetaalde meters wat STS-2 aktivering benodig op die verkoopsisteem gelaai, terwyl 55.6% van meters suksesvol omskep is en aan die STS-2 vereistes voldoen.

Die nuwe Bewys Identifisering (TID)-proses kom as gevolg daarvan dat die kodes opraak vir voorafbetaalde meters van die masjien wat die sleutelkoeponsyfers vir voorafbetaalde meters verwek.

Die huidige voorafbetaalde meter-sagteware sisteem wat kredietbewyse vir voorafbetaalde elektrisiteitsmeters skep sal ophou om kodes te verwek.

Voorafbetaalde meters wat nie voor 24 November geherkondisioneer is nie, sal nie bewyse kan laai nie en sal lei tot ’n kragonderbreking.

Burgemeestersraadslid vir nutsdienste, Themba Fosi, sê die TID-ontplooiingsprojek is ’n belangrike onderneming om die stad se voorafbetaalde elektrisiteitsmeters opte gradeer om aan die nuutste STS-2 maatreëls te voldoen.

“Hierdie program, wat deur die Departement van Energie en Elektrisiteit bestuur word, vorder goed en is dit van kritieke belang om te verseker dat voorafbetaalde meters na 24 November nog funksioneer.”

Fosi sê die TID-ontplooiing is sistematies oor Tshwane se streke uitgevoer, met elke streek se voorafbetaalde meters wat volgens ’n gestruktureerde tydlyn opgegradeer is.

Hy sê 100% van die voorafbetaalde meters wat STS-2 aktivering benodig op die betaalsisteem gelaai sodat kliënte hul TID-omskakelingsbewyse mag ontvang.

Sleutelprestasies:

– Aantal gelaaide voorafbetaalde meters: 349 801 meters (100% van die meters wat STS-2 omskakeling benodig)

– Suksesvolle STS-2 transaksies: 194 518 meters (55.6% van totaal)
– Uitstaande STS-2 aktiveringstransaksies: 154 957 meters (44.3% van totaal)

Fosi sê die metro het wyksraadslede betrek om seker te maak dat gemeenskappe ingelig is, bewus is van die opgraderingsproses, en bystand kry met enige navrae of hulp wat hul mag benodig.

“Hierdie samewerkingspoging is noodsaaklik vir die vlot implementering van die TID-ontplooiing,” sê Fosi.

https://x.com/tshwane_mayor/status/1828136380402381267

Hy het inwoners daaraan herinner dat indien daar met ’n meter gepeuter is of indien spookverkoopsaktiwiteite bespeur word, sal die meter nie na STS-2 opgegradeer kan word nie.

“Dit sal beteken die meter sal nie-funksioneel word, aangesien dit nie meer bewyse sal kan lees nie.”

Hy het inwoners ontmoedig om met meters te peuter en aangemoedig om hul daarvan te weerhou om hul aan onwettige verbindings skuldig te maak.

“Ons doen ’n beroep op alle inwoners om seker te maak dat hul voorafbetaalde meters na STS-2 betyds opgedateer word voor die 24 November-spertyd deur om al die aanwysings te volg wat deur die metro verskaf is.”

Inwoners kan die Tshwane-kliëntesorglyne kontak vir hulp of die webwerf besoek vir verdere inligting.

Alternatief, kan kliënte ’n WhatsApp-boodskap aan die volgende nommers stuur:

– Streke1, 2 en 5: 072 149 8552

– Streke 3 en 6: 076 892 7328

– Streke 4 en 7: 063 671 3137.

Die WhatsApp-boodskap moet die kliënt se Tshwane-rekeningnommer, -adres, kontaknommer en voorafbetaalde meternommer insluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Back to top button