Local newsNews

Affie wen harte met wentoespraak

Mpumi Rakhudu het verskeie toekennings by the ATKV-redenaars se nasionale finaal ingepalm.

‘n Video van een van die wenners van die ATKV-Redenaarsfinaal het die internet aan die gons.

In die video herhaal Mpumi Rakhudu sy wentoespraak oor sy liefde vir Afrikaans voor die leerders van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

Die video het reeds nadat dit op sy skool se sosiale media gedeel is laatmiddag op 16 Augustus, op Facebook meer as 560 kommentare gelok, is deur bykans 4 000 gebruikers gesien en is meer as 4 300 keer gedeel.

Rakhudu, gedugte spreker van die skool en ‘n matriekleerling, het vanjaar weer sy stempel afgedruk tydens die ATKV-Redenaarsfinaal.

Hy het in die kategorie Afrikaanse Addisionele Taal vir leerders van graad 10 tot graad 12 (voorbereid) die eerste plek ingepalm en het ook weggestap met die toekenning vir die beste taalgebruiker in hierdie kategorie.

Hy was ook die wenner van die onvoorbereide afdeling (Afrikaans Addisionele Taal) vir leerders van graad 10 tot graad 12.

Hy noem homself in die toespraak “’n laaitie van Mamelodi” wat Afrikaans as sy huistaal beskou al is sy huistaal Tswana.

Met humor en navorsing oor taal bewys hy sy punt oor hoekom Afrikaans hom bemagtig.

Sy tema is: “Afrikaans, my geheime wapen in die bokskryt van die lewe.”

“Dit is die taal wat my bevry het,” sê Rakhudu.

– Luister hier na sy wentoespraak:

– Lees hier meer oor Mpumi Rakhudu:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Back to top button