Local newsNews

Drie wes-vriendinne hekel kleurvolle komberse

Dankbare inwoners van Pretoria-Wes ontvang kombersies van flukse vrouens.

Drie vriendinne van Claremont en Booysens het dit hul roeping gemaak om komberse vir behoeftige, siek persone en instansies te hekel.

Gerda Weideman, Trynie Jooste en Maryna Harding hekel al vir die afgelope drie jaar lank kleurvolle kombersies en deel dit uit waar nodig. Hulle maak ook opgestopte wolteddiebere.

Elke jaar kies hulle ’n instansie om aan te skenk.

Die drie het vroeër vandeesmaand ’n klomp komberse by die Med-Step Clinic in Eloffsdal asook aan die petroljoggies by Dassies Motors uitgedeel.

“Die rede hoekom ons Med-Step Clinic gekies het, is omdat ons harte uitgaan aan die oumensies daar. Dassie Motors is ook die mees lojaalste diensstasie in die area en hulle [petroljoggies] kry ook koud.

“Om daai dankbare gesigte te sien maak als die moeite werd,” sê Weideman.

Als kom uit hul eie sak maar Weideman sê enige wolskenkings is welkom. Skakel haar by 071 716 3227 indien jy wil wol skenk.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Back to top button