News

Thys die Bosveldklong sterf

Die geliefde grapjas-sanger, Thys die Bosveldklong, van Pretoria-Noord is gisteraand in die hospitaal oorlede.

Thys Streicher (Thys die Bosveldklong is sy verhoognaam), die gewilde Afrikaanse grapjas-sanger, is gisteraand in die hospitaal oorlede.

Die 50-jarige is reeds in 2020 met meervuldige sklerose gediagnoseer en het verskeie gesondheidsterugslae sedertdien gehad.

Die toestand tas veral spiere, spraak en beweeglikheid aan.

Volgens ‘n familie woordvoerder is Thys gisteraand oorlede nadat hy die afgelope 13 weke in ‘n koma was.

Hy is vroeër vanjaar in ’n staatshospitaal in Ga-Rankuwa in Pretoria na die intensiewe sorgeenheid oorgeplaas nadat hy breinvliesontsteking en nierinfeksie opgedoen het.

Thys was die laaste tyd in ’n rolstoel en het by sy ma op ’n landbouhoewe in Pretoria-Noord gewoon.

Die sanger is veral bekend vir sy komiese uitbeeldings, grappige persoonlikheid en lawwe liedjies.

Van sy treffers sluit in “Jaloers-Bokkie”, “Ek Hou Nie Van Werk Nie” en “In die Middel”.

Hy was ook mede-aanbieder van kykNET se TV-program Net vir die Grap.
Hy het die Afri-Indie-musiekprys verlede jaar verower vir sy liedjie “Blommetjie Blom” wat hy in 2022 opgeneem het.

Dit was die tweede keer wat hy in dié gesogte musiekkompetisie presteer het. In 2022 het hy die Afri-Indie-musiekprys vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek gekry.

LEES OOK: Metro is besig om korrupsieringe stelselmatig uit te roei

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Back to top button