Local sportSchool sportSport

Hoërskool Garsfontein stel nuwe seuns-hokkie direkteur aan

Die seuns hokkiespanne van die Hoërskool Garsfontein het ’n nuwe direkteur, wat vanaf 2024 die leiding gaan neem om die skool se seuns hokkiespanne nuwe hoogtes te help nastreef.

Hoërskool Garsfontein is bekend as ’n skool wat skitterend presteer op die rugbyveld, maar dié skool se sportpersoneel streef na uitnemnedheid op alle terreine.

Om hierdie rede word die beste kenners betrek by die skool se afrigting en die bestuur van sportkodes.

Garsfontein het verlede week bekendgemaak dat ’n nuwe direkteur vir hul seuns-hokkieprogram aangestel is. Hy is die voormalige nasionale hokkiespeler, Steven Paulo.

Paulo sal vanaf Januarie 2024 voltyds by Hoërskool Garsfontein betrokke raak, maar hy was reeds die afgelope twee seisoene met groot sukses betrokke by die afrigting van die skool se o.16-span.

Dié span het die 2023-seisoen as die nommer-een in hul ouderdomsgroep in Suid-Afrika afgesluit en was onoorwonne in die Pretoria-streek.

Paulo se hokkie-vaardighede en prestasies op verskeie vlakke is indrukwekkend en hy bring ryk internasionale ervaring saam met hom.

Sommige van sy uitstaande prestasies is:

  • Verteenwoordig Suid-Afrika 19 keer in binnenshuise hokkie.
  • Skiet 19 doele vir Suid-Afrika.
  • Top doelskieter in die onlangse Suid-Afrikaanse binneshuise Sultan Nazrin Shah-toernooi in Maleisië.
  • Lid van die wêreld binnenshuise hokkiespan 2023.
  • Lid van die binnenshuise Afrika-bekerkampioenskapspan 2021.
  • Verteenwoordig die Noordelike Blou Bulle senior span vir verskeie jare.
  • Hy is ‘n goue medaljewenner saam met die Tuks Varsitybeker-span.
  • Hy het ook in Engeland vir die Oxted klub gespeel om sy internasionale ervaring uit te brei.

Paulo vervang  Nick Bèrichon by Garsfontein. Laasgenoemde is op pad na KwaZulu-Natal, war hy by die bekende skool, Michaelhouse, betrokke gaan raak.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Back to top button