EntertainmentLocal newsNews

Pretoria-vegter se sêding nou deel van Allie Manne-liedjie

Twee sangers, 'n bekende vegter in die UFC-kryt en 'n komediant - is die resep vir 'n heerlike lekkersingliedjie vir rugbyliefhebbers tydens die Rugby Wêreldbeker.

Ulitmate Fighting Championship (UFC)-vegter Dricus du Plessis, oftewel bekend as “Stillknocks”, is nou ook die ster van ’n video rondom ’n nuwe enkelsnit wat beloof om gedurende die Rugby Wêreldbeker gewild te wees.

En hy sing dat die dimpels in sy wange diep wys!

Toe die legende genader is om op te tree, het hy geantwoord: “Lekker my maat en dit is die grootste plesier.”

Dit is ’n lied wat die gees van die Wêreldbeker en die somer vasvang, en wat luisteraars herinner dat dit lekker is om nie altyd jouself te ernstig op te neem saam met jou vriende nie.

Pretoria-sanger Ampie sê die liedjie en video is in samewerking met die bekende komediant Radio Raps, oftewel Rikus de Beer, en die legendariese liedjieskrywer Hunter Kennedy opgeneem.

Die musiekvideo, wat die vier legendes saam in een van Radio Raps se restaurante vasvang, wys hoe hulle die komiese lekkersingliedjie vertolk.

Dricus du Plessis

“Allie Manne” is deur Ampie en Kennedy geskryf.

Dit was aanvanklik bedoel vir Ampie se nuwe albumvrystelling, maar toe besluit hy om die geleentheid te gebruik om saam met De Beer op te tree.

Du Plessis, wat onlangs sy geveg teen Robert Whittaker in die UFC gewen het, is ’n goeie vriend van De Beer.

Nadat ’n paar oproepe gemaak is, het Du Plessis ingestem.

Hy sê dat dit ’n groot eer vir hom sou wees om saam met sulke legendes aan die lied te werk.

“Dis ’n voorreg om deel te wees van die ding!” sê Du Plessis.

Ampie vertel die idee om Du Plessis te nader het by hom opgekom rondom sy bekende aanhaling in die kryt: “Hulle weet nie wat ons wéét nie”.

“Nie almal weet dit dalk nie, maar Dricus speel wel ook kitaar en sing,” vertel Ampie, een van die vegter se groot bewonderaars.

Die aanhaling het groot aandag op sosiale media uitgelok en is ook op talle hemde en pette gedruk.

Du Plessis het die woorde gebruik na sy oorwinning oor Whittaker, menende die wêreld weet nie altyd wat ’n Suid-Afrikaner in staat is om te doen nie.

Ampie

Ampie en Kennedy het die aanhaling in hul liedjie gebruik.

Die lirieke lui so: “Die telefoon lui/dis my skoonpa op die lyn/hy sê die Bokke se voorry lyk vir hom te klein/ek sê Skonie moenie worry nie/hulle weet nie wat ons weet nie.”

Die video sny dan na waar Du Plessis die woorde gebruik het na sy oorwinning in die kryt.

Ampie sê sy skooltyd op Afrikaans Seuns Hoërskool het hom geleer daar is ’n tyd vir almal om bymekaar te kom en saam te sing.

“Dié tyd het nou weer vir ons aangebreek. Ons moet die Bokke ondersteun. Hulle het werklik ’n goeie kans om die trofee huis toe te bring.”

Kliek hier om die video van “Allie Manne” te sien: https://www.youtube.com/watch?v=6JWcYVJ4eLU

https://www.tiktok.com/@dricusduplessis

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button