Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Herfskonsert gaskunstenaars bekoor gehoor

Die SAVF Huis Silversig het onlangs sy jaarlikse Herfskonsert gehou.

Die SA Vrouefederasie Huis Silversig se jaarlikse herfskonsert is Woensdagaand by die NG Kerk Silversig in Val De Grace gehou.

Hierdie konsert is Silversig se grootste geld-insamelingsprojek van die jaar. Gaste het die talente geniet van André Schwartz, Hennie Jacobs, Lee Scott en die Bronberg-kinderkoor.

Volgens Petro van Dyk, lid van Silversig se dienskommittee, was hierdie nagenoeg die agtste jaarlikse geld-insamelingskonsert wat deur die dienskommitte gereël is.

“Ons reël hierdie projekte om ‘n verskil te maak aan die inwoners se lewens. Die geld wat ons hiermee insamel gaan alles vir benodighede en instandhouding van die huis, waarvoor daar nie geld in die jaarlise begroting is nie,” het Van Dyk gesê.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie jaar se vertoning, met ons ongelooflike gaskunstenaars wat vanaand saam met die Bronberg-kinderkoor optree.”

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button