AdvertorialSchools

Laerskool Danie Malan

Hierdie jaar word ons pragtige skool 119 jaar oud op 4 Oktober 2023.

Laerskool Danie Malan se geskiedenis het begin in 1904 waar Me. M. Juby, ‘n Engelse dame, die eerste hoof van 24 leerders was. As twaalfde hoof van die skool sedert 2009 is dit my voorreg om aan die stuur te staan van 1460 leerders. As hoof en oud leerder van die skool is ek trots op die skool se tradisies en karakter.

By Danie Malan strewe ons daarna om skool ‘n plek te skep waar kinders veilig voel, tuis voel en reg is om te leer. Ons het ‘n span toegewyde onderwysers wat daagliks hul beste gee om die leerders toe te rus vir die wêreld daarbuite.

Akademiese prestasies:

Dux leerders 2022:

Gr.4  Cara van Wyk

Gr.5 Leannè Bester

Gr.6 Mia Viljoen

Gr.7 Michael de Villiers

 

EBW Olimpiade – Distrikswenners (Michael de Villiers; Arustha van Eck, Junior Makua)

NWT Olimpiade – Distrikwenners & Provinsiale Deelname (Mikayla Venter; Hulde Drew; Leja van den Berg)

NW Olimpiade – Provinsiale Deelname (Michael de Villiers; Jayden de Villiers; Jayden Neethling; Junior Makua)

Kuns Olimpiade – Provinsiale Deelname (Francois Bezuidenhout; Willow Robinson)

Wiskunde Olimpiade – Provinsiale Deelname (Michael de Villiers; Mia Viljoen)

 

Sport prestasies:

Sportdogter en Victrix Ludorum 2022 – Arustha van Eck

Sportseun en Victor Ludorum 2022 – Christiaan Brits

 

Atletiek:

38 atlete is deel van Tshwane-Wes Distrikspan en neem deel by die Provinsiale byeenkoms.

By die Provinsiale Byeenkoms wen Arustha van Eck 0/13 Hoogspring en Christiaan Brits verwerf ‘n 2de plek in 1 200m.

Tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verwerf Arustha van Eck ‘n 3de plek in o/13 Hoogspring en Christiaan Brits ‘n 6de plek in 0/12 1200m.

Landloop:

Christiaan Brits einde 2de by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe

Netbal:

o/11 A is Ligawenners sowel as Distrikswenners.

Sagtebal:

Van 8 spanne was 6 spanne Ligawenners.

o/10 Seuns is Tshwane Kampioene.

Jukskei:

6 spelers is gekies vir Gauteng-Noord Bondedagspan

Krieket:

o/9 & o9/10 spanne speel in die Stadsbeker halfeind.

Kultuur:

Kultuurleerder 2022:

Mia Rynners: 5x A++; 2 Medaljewenners en afdelingswenners. Eindig 7de Nasionaal by die Podiumpret kompetisie

Koor:

Goud tydens die ATKV Applous kompetisie

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button