GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Montie neem deel aan SAMCA nasionale trompoppie kompetisie

Sy was deel van die enigste trompoppie klub in Pretoria.

Catherine-Leigh Smith het die Julie skoolvakansie deelgeneem aan die SAMCA nasionale trompoppie kompetisie wat in ’n baie koue Oudtshoorn plaasgevind het.

Sy was deel van die enigste trompoppie klub in Pretoria.

Die span het baie goed gedoen en het hulle bestaande 2de plek in die hoogste liga genaamd die elite liga, suksesvol verdedig en nader geskuif aan die nommer 1 posisie in Suid-Afrika.

Sy het nege medaljes terug gebring huistoe waarvan sewe silwer en twee brons was.

Catherine-Leigh is ook gekies om deel te wees van die nasionale span wat einde September Suid-Afrika gaan verteenwoordig by die majorettes world federation kompetisie wat die jaar in Kaapstad gehou word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button