SKOOL: 3 Overkruin-hokkiespanne kwalifiseer vir Noordvaal-toernooi
Die toekoms lyk blink vir Overkruin se hokkietrots!
Hoërskool Overkruin se o.14, 0.15 en 0.16-hokkiespanne kwalifiseer om aan die Noordvaal-toernooi deel te neem.
By die toernooi kom die room van al die hokkieskole bymekaar om sake uit te spook.
Mnr. Luan du Plessis is die afrigter van die 0.14-span en hulle gou met een van hulle opponente klaargespeel deur 10-0 te wen.
Die 0.15-span is vanjaar ligawenners en die 0.14s en 0.15s naaswenners.
Die 0.16-span word deur Mnr. Justin Nortje afgerig.
Hulle slaan 28 doele tydens die liga, met net ’n enkele doel teen hulle.
Die toekoms lyk blink vir Overkruin se hokkietrots.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.