GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Montie wen SA Skole Ambassadeurskompetise

n Graad 10-leerder van Hoërskool Montana, Karla Aust, het stof in die oë van deelnemers regoor die land geskop in die SA Skole Ambassadeurskompetisie.

’n Graad 10-leerder van Hoërskool Montana, Karla Aust, het stof in die oë van deelnemers regoor die land geskop in die SA Skole Ambassadeurskompetisie.

Die doelwit van dié kompetisie is om jong Suid-Afrikaanse skoolmeisies met die nodige kennis en vaardighede te bemagtig om ’n suksesvolle ambassadeur vir die SA Skolekompetisie en hul onderskeie opvoedkundige instellings te word.

Daar is ’n laerskool- en hoërskoolafdeling.

Daar word van finaliste verwag om betrokke te raak in hul gemeenskappe deur hul eie projekte by hul skole te ontwikkel.

Aust het ingeskryf vir Miss SA Schools 2018 omdat sy trots is op haar skool en daarvan hou om ’n verskil te maak, hetsy groot of klein.

Hierdie kompetisie gaan egter oor baie meer as net uiterlike skoonheid.

Aust sê: “Om te gee is vir my beter as om te ontvang.”

Omdat sy ’n gelukkige Montie is, kon sy eerlik en passievol getuig oor haar skool se waardevolle waardes, hul toegewyde onderwysers, nederige skoolhoof, wat die skool bereik en waarvoor dit staan.

Aust het vyf verskillende liefdadigheidsprojekte aangepak vir die kompetisie, naamlik:

1. Fondsinsameling vir die Nuwe Hoop skool.

2. Die skool se blikkieskosprojek.

3. Liefdadigheidswerk by Wollies.

4. Ondersteuning en skenkings vir bejaardes.

5. Besoek Jakaranda Kinderhuis, skenk klere en spandeer tyd saam die kinders.

Die kompetisie het oor twee maande gestrek, waar hul weekliks sekere takies moes afhandel en vir die organiseerders stuur.

Modelwerk is haar passie en op Vrydag 25 Mei het sy ’n groot onderhoud met die beoordelaars en organiseerders van die kompetisie gehad.

Saterdag 26 Mei was die groot gala-aand waar al die deelnemers van die verskillende skole regoor die land teenwoordig was.

Aust se trots en passie vir haar skool het duidelik deurgekom in al die pryse waarmee sy weggestap het: Beste onderhoud, Beste media-onderhoud, Beste projek, asook algehele Hoërskoolwenner.

Sy sê: “Dit is werklik ’n voorreg om ’n Montie te wees!”

Hoërskool Montana sê: “Dit is vir ons ’n eer dat jy wel ’n Montie is”. Baie geluk, Karla! Monties is trots op jou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button