Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Kleine Pêrels hou Lentemark

Die Kleine Pêrels kleuterskool het onlangs 'n lentemark gehou met tuisgebak en handwerk deur die ouers van dié skool.

Die Kleine Pêrels Kleuterskool in die noorde van Pretoria het Saterdagoggend ‘n lentemark by Oppiplot in Veronicastraat gehou.

Die gelag van kinders het ‘n gesellige atmosfeer by dié mark geskep terwyl verskeie mammas en familie van die kinders hul tuisgebak en handwerk uitgestal het.

Een van die organiseerders van die mark, Antoinette Bootsma, het die storie agter die mark vertel.

“Ons is ‘n klein skooltjie en baie van die ouers en grootouers van ons kinders vertel gereeld van hul oulike handwerk en tuisgebak. Ons het toe besluit om die lentemark te hou en almal se goed bymekaar te sit. So ondersteun ons mekaar,” het Bootsma gesê.

Vir meer gemeenskapsgallerye, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button