Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Vertoning vir Leukemia leier

'n Jong meisie wat aan 'n chroniese siekte ly het onlangs die kans gekry om vir 'n oomblik van haar siekte te vergeet.

‘n Jong meisie wat aan ‘n chroniese siekte ly het onlangs die kans gekry om vir ‘n oomblik van haar siekte te vergeet tydens ‘n glansryke aand saam met die sterre.

Melissa Steenkamp (15) van Hoërskool Pretoria-Noord wat in 2013 met chroniese myeloïde leukemie gediagnoseer is, was Saterdag die middelpunt van almal se aandag tydens ‘n geldinsameling wat spesiaal vir haar gehou is. Joshua Na Die Reën, en Anaïs was van die kunstenaars wat gaste tydens die geldinsameling vermaak het.

Weens die gereelde mediese behandeling en medikasie beloop die Steenkamp-gesin se mediese koste etlike duisende rande en vriende en familie het besluit om ‘n geldinsameling van stapel te stuur en Steenkamp soos ‘n wafferse ster te laat voel.

“Dit was ‘n wonderlike aand en ek het omtrent soos ‘n bekende persoon gevoel. My hart het gejubel,” het ‘n dankbare Steenkamp gesê.

Steenkamp wat tans chemobehandeling ontvang het gesê sy is dankbaar vir die geldinsameling en het bygevoeg dat die aand haar hoop gegee het.

Mnr. SA Top 50 finalis, Reinhardt Botha, het ook die geleentheid bygewoon en die veiling behartig.

Botha het gesê dit was vir hom belangrik om Steenkamp se gesin by te staan en bygevoeg die aand was ‘n sukses.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button