Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Gemeenskap maak kennis met die Magaliesberg

Die gemeenskap het hul ondersteuning vir die Vriende van Magalies getoon tydens hul opedag Saterdag. Die gemeenskap het die dag geniet, lekker gekuier en die kinders het dit geniet om die perde te ry. Almal, van die kinders tot ou mense, het die aktiwiteite wat daar beskikbaar was geniet. Die voorsitter van die Vriende van …

Die gemeenskap het hul ondersteuning vir die Vriende van Magalies getoon tydens hul opedag Saterdag. Die gemeenskap het die dag geniet, lekker gekuier en die kinders het dit geniet om die perde te ry. Almal, van die kinders tot ou mense, het die aktiwiteite wat daar beskikbaar was geniet.

Die voorsitter van die Vriende van die Magalies, Jannie Kruger, het gesê die opedag was ‘n bekendstelling van die organisasie. “Ons wil mense vertel oor die berg en ons wil dit as ‘n groen area en natuurreservaat bedryf.”

Die organisasie wil hê die gemeenskap van Pretoria moet die plek benut. Die gemeenskap is baie gelukkig oor wat die organisasie doen en het dit geniet om daar te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button