GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: JV ’40 Days’ ‘n fees!

HTS John Vorster is trots op elke matriekleerder se onbesproke gedrag en wens hul sterkte toe vir die laaste 40 dae!

Op 20 Julie het HTS John Vorster vir die sesde jaar in ’n ry hul tradisionele 40 Days-optog deur die strate van die Moot gehou.

Hierdie pragtige tradisie simboliseer die JV-leerders se laaste 40 dae in die skoolbanke en behels dat die matriekgroep deur die strate en by die skoolhek inry terwyl die res van die skool ’n erewag staan.

Die matriekleerders is op hierdie dag bederf met die ontvangs van hul matriekafskeidsuitnodigings, die wenners van die baardgroeikompetisie word aangewys en die dag word afgesluit met ’n JV-braai.

HTS John Vorster is trots op elke matriekleerder se onbesproke gedrag en wens hul sterkte toe vir die laaste 40 dae!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button