Community galleriesGalleries

Helpende Hand hou braaidag by Louis Botha Kinderhuis

Louis Botha kinderhuis is bederf met worsbroodjies vir Erfenisdag propvol opwinding.

Braaidag oftewel Erfenisdag was landwyd die afgelope naweek deur Suid-Afrikaners van alle agtergronde gevier.

Die opgewondenheid onder die kinders van die Louis Botha Kinderhuis was ook só groot dat Solidariteit Helpende Hand goedgedink het om vir die kinders ‘n lekker braai by die swembad te hou.

Die #HelpJag-veldtog is gestig om behoeftige kleuters te help. Aangesien vleispryse deur die dak geskiet het die afgelope paar jaar, is dit nie altyd moontlik om ‘n gebalanseerde bord kos waarvan vleis deel van die spyskaart is, te hê nie.

LEES OOK: Tee ten bate van Moot-kinderhuis

Die projek moedig jagters egter aan om alle oortollige wildsvleis na die jagseisoen aan behoeftige kleuterskole of kinderhuise te skenk.

Helpende Hand het hul eerste twee skenkings vleis van dr. Danie Brink, Helpende Hand se uitvoerende hoof se 10-jarige seun, Johan Brink en ook by Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie ontvang.

Johan het dit duidelik aan Rekord gemaak dat dit wel nie sy eerste bok was wat hy geskiet het nie, maar dat hy gevoel het dit is die regte ding om te doen om vanjaar die vleis te skenk.

LEES OOK: Helpende Hand-lid steeds kritiek na ongeluk

“Hierdie was my vierde bok wat ek al geskiet het, maar nou het ons lekker wors daarvan gemaak en bederf hierdie kinders vandag,” verduidelik die 10-jarige.

Die Louis Botha Kinderhuis huisves ongeveer 80 kinders waarvan die jongste vyf jaar is en die oudste 18 jaar.

Indien jy ‘n skenking wil maak teenoor Helpende Hand se #HelpJag projek, SMS die woord HelpJag na 39950. SMSe kos R2.

As jy betrokke wil raak by die Louis Botha Kinderhuis, kontak Ancha Smuts, bemarkingsbeampte van Louis Botha Kinderhuis by asmuts@louisbothachildren.co.za of skakel 012- 333-6184.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button