Community galleriesGalleries

Moot-inwoners herstel plaaslike winkel

“Nadat ek almal genader het, het 16 inwoners voor die winkel bymekaar gekom om die nuwe eienaar, Venesha Ekland te verras met die projek.”

Inwoners het die afgelope naweek saamgestaan om ’n plaaslike winkel in die Moot ’n nuwe lewe te gee.

Hierdie welbekende winkel op die hoek van 30e Laan en Nico Smitstraat in Villieria is al onder inwoners vir 63 jaar bekend.

“Nadat ek almal genader het met die idee om die winkel op te gradeer, het 16 inwoners voor die winkel bymekaar gekom om die nuwe bestuurder, Venesha Ekland te verras met die projek,” sê organiseerder van die projek, Lynette van der Merwe.

Van der Merwe sê daar was aan die eienaar voorraad geskenk om die winkel weer toe te rus.

Skenkings is ook gemaak en selfs pannekoek van vroeg tot laat gebak.

“Ekland was oorweldig met emosies en dankbaarheid. Sy het nie woorde gehad om haar dank uit te spreek nie,” sê sy.

LEES OOK: Moot oogseer word herstel

Vrywilligers het begin deur die voorrade te verwyder om van die rakke op te gradeer.

Kaste is ook weggeskuif om die mure te verf.

“Buite het lede die staalraamwerk begin verf. Natuurlik was daar kuiergaste soos ou kliënte; GPF-lede; KPS en ons betroubare polisielede wat kom inloer het,” sê sy.

Van der Merwe sê met die verf van die rakke het selfs die kinders deel aan die projek gehad met handmerke ooral op die rakke.

Teen 20:00 Saterdagaand was die projek vir die dag gestaak met reeds die rakke terug in die winkel en meeste van die voorraad op hul plek.

“Die projek is Sondagoggend 08:30 hervat om die laaste afrondings te doen om weer die winkel vir besigheid te open,” sê sy.

Van der Merwe sê die laaste verfwerk is binne en buite gedoen.

Die laaste voorraad is ook terug op die rakke geplaas.

LEES OOK: Metro nooi inwoners vir voorstelle by Moot-seeroog

“Met nuwe vol rakke en nuwe hoop; glo ons elkeen wat deel van die projek was dat ons Hemelse Vader die pad vorentoe net met sukses sal seën,” sê sy.

Van der Merwe sê die oorspronklike eienaar van winkel was 18 toe sy met die winkel begin het.

“Die dag voor sy haar 81e verjaardag gevier het, het Ekland, die nuwe bestuurder, by haar die winkel oorgeneem,” sê sy.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button