Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Power of 10 hou ‘n skemerkelkie

Power of 10 het 'n skemerkelkie gehou.

Power of 10 is ‘n dinamiese, diverse groep van 10 besighede wat in Pretoria gebaseer is, met hul fokus om die mense van Pretoria en die omliggende gebiede te bemagtig deur positiewe projekte in die gemeenskap.

Power of 10 het Vrydagaand ‘n skemerkelkgeleentheid aangebied, waar ambassadeur Beka Dvali, die ambassadeur van die Republiek van Georgië, die eregas was.

Die geleentheid is gehou na die voltooing van die eerste fase van die Power of 10 se bedywighede waartydens verskeie gemeenskapsdiensprojekte suksesvol van stapel gestuur is.

Die skemerkelkgeleentheid het besigheidseienaars die geleentheid gebied om die ambassadeur en sy gesin te ontmoet.

Die tweede fase van Power of 10 se projekte is ook aan die gaste bekendgestel. Dit behels ‘n wye reeks lewenstyluitdagings soos tennis, gholf, fietsry, bergfietswedrenne, padwedlope, skaak, jukskei, roei and meer. Power Of 10 gaan aan die gemeenskap die geleentheid skep om deel te neem aan uitdagings, groot pryse te wen, ‘n gesonde lewenswyse te beoefen en om in die proses verskeie gemeenskapsdiensprojekte te ondersteun.

Vir meer gemeenskapsnuus, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button