Community galleriesGalleriesLocal newsNewsUpdate

Roudiens vir Moot-held

Familie en vriende neem afskeid van Kilnerpark reaksie-offisier Paul Scheepers.

’n Roudiens vir Paul Scheepers (40) is Woensdagmiddag gehou.

Die diens is waargeneem deur Pastoor Andries Nel by die Eenheid van die Geloof Gemeente-kerk in Pretoria-Noord.

“Paul is aan ons vir ’n korte veertig jaar en agt dae gegee,” het Paul se pa, Banie, emosioneel tydens die diens voorgelees.

“Met sy glimlaggende gesiggie, ogies en kosbare maniere was hy ’n plesier vir nie net sy ouers nie, maar almal met wie hy in kontak gekom het.”

Mede-kollegas van die Kilnerpark-veiligheidsgoep het ook tydens die diens hulde aan Paul gebring.

Hy is Saterdagoggend in ’n motorongeluk dood, op die hoek van Nuffield- en Soutpansbergweg in die Moot.

Paul en mede-kollega Zanre Bosch was onderweg na ’n huis waar ’n alarm geaktiveer is.
Bosch is ernstig in die ongeluk beseer.

Paul se dood word deur sy pa, ma, twee susters, ouma’s, familie en vriende betreur.

’n Laaste boodskap aan die Moot-held lees:

Veertig jaar en agt nagte het ons jou liefgehad.

Veertig jaar en agt nagte later is jy weggeneem van ons.

Tyd is nooit genoeg nie.

Daar is altyd iets wat jy wil sê.

Ons is almal lief en trots op jou Paul.

Soete drome my seun, ma en pa is altyd lief vir jou.

Soete drome my broer, ons sal altyd lief bly vir jou.

Soete drome my broer, volgende jaar vier ons weer ons verjaarsdag.

Tyd is nooit genoeg nie, moet dit nie mors nie.

Lees ook:

Zanre sterk aan na ongeluk

Kerse brand helder vir Paul

Reaksie-offisier dood in ongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button