Community galleriesGalleriesLocal newsNewsSports galleries

Oud maar nog lank nie koud

Verskeie aftreeoorde in die Moot het onlangs ‘n sportbyeenkoms gehou.

Verskeie aftreeoorde in die Moot-omgewing het onlangs ’n senior sportdag gehou.

Elke aftreeoord het ’n span ingeskryf wat op 10 Junie aan verskillende aktiwiteite by die Oos-Moot-aftreeoord deelgeneem het.

Van die aktiwiteite was onder andere ’n pret-aflos en die eend-loop, waar deelnemers met ’n bal tussen hul knieë en twee balle onder hul arms moes loop.

Die bejaardes kon aan spanitems en individuele aktiwiteite deelneem.

Daar ook pom-pom-meisies wat die deelnemers ondersteun het.

Richard Bause, ’n inwoner en deelnemer, sê die ou bekende kreet Jamblikke, Visblikke het dié dag nuwe lewe gekry.

Die oorde wat deelgeneem het aan die senior sportdag was Beterskap, Wag-’n-Bietjie, Silwerkroon, Capital Park en Oos-Moot.

Die eerste drie plekke in die individuele- en span-items het elk ’n medalje ontvang. Al die deelnemers het sertifikate ontvang.

Oos-Moot-aftreeoord was aan die einde van die dag die wenspan.

Die oorde beplan om hierdie sportdag ’n jaarlikse instelling te maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button