Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Ontwerpers skou matriekafskeidrokke by hoërskool

Hoërskool Wonderboom stal pragtige matriekafskeidrokke uit.

Hoërskool Wonderboom het Saterdagoggend ’n uitstalling gehou van pragtige matriekafskeidrokke en juwele. Die uitstalling was ’n voorskou van wat op die skoool se 2015-groep matrikulante wag wanneer hulle later hierdie jaar afskeid neem.

Glansrokke in pragtige reënboogskakerings en verkillende kreatiewe ontwerpe het die skoolsaal gevul. Ouers en leerlinge kon na die verskillende uitstallers se ware, asook topgehalte grimering en juwele loer en sodoende hul eie uitrustings vir die groot geleentheid beplan.

Die skool se dansgroep ‘Fusion’ het die teenwoordiges met hul goed-gekoreografeerde danspassies vermaak. Terwyl verskeie ontwerpers hul nuutste matriekmodes ten toongestel het, het sommige leerlinge hul lywe model gehou en van die ontwerpe op die loopplank gewys.

Die uitstalling het groot verwagtinge vir vanjaar se matriekafskeid geskep en leerders en ouers sien reeds almal uit na die einde van die jaar.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button