Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Motorfietsryers trakteer ouetehuis

Kersgeskenke by die Magaretha Ackerman Ouetehuis is afgelewer op unieke wyse deur die Mohicans Motorfietsryklub.

SAVF Margeretha Ackerman Ouetehuis is Saterdag deur lede van die Mohicans Motorfietsry-klub op ongewone wyse trakteer.

Gewoonlik samel die motorfietsryers teddiebere vir kinders in, maar hierdie jaar het die bejaardes baat gevind by die liefdadigheidswerk van ‘n besondere motorfietsry-klub.

Maatskaplike werker Hannetjie du Toit sê die voorsitter van Mohicans, Lizette Swart, het saam met lede van die klub elke Saterdag worsbroodjies verkoop om die inwoners van Margaretha Ackerman Ouetehuis die jaar met geskenke te kan oorlaai.

“Nie net het elke inwoner ‘n pakkie met lekkernye en persoonlike benodigdhede ontvang nie, maar inwoners is ook met heerlike hamburgers, slaaie en koeldranke bederf.”

Sy het gesê die hoogtepunt van die dag was toe die klublede die bejaardes die kans gegee het om agter op ‘n motorfiets te ry.

“Toe die eerste inwoner opklim, was daar geen keer aan die ander nie. Almal wou ry. Rolstoele en loopraampies is vinnig verruil vir die agtersitplek van die ysterperde en gewillige hande het hulle gehelp op- en afklim,” vertel sy.

“Die geskenkwaentjie agter een van die motorfiese is later ingespan om inwoners wat nie agterop motorfietse kon klim nie, op te laai om te deel in die pret.”

Du Toit het gesê dit was moeilik om te bepaal wie die dag die meeste geniet het – die inwoners en personeel of die motorfietsryers. “Soveel opwinding, gelag en energie het lanklaas die strate gevul.”

Die klub het ook ander donasies aan die tehuis geskenk en ‘n sanger het almal vermaak.

 

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button