Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Damesoggend by Phyllis Robertson-huis

Die Phyllis Robertson-huis in die Moot het onlangs 'n Damesoggend gehou.

Die Phyllis Robertson-huis vir gestremdes in die Moot het Saterdagoggend ‘n Damesoggend gehou.

Die huis se saal was met verskeie kleurvolle tafels versier, wat deur elke tafel se eie gasvrou gedek en versier is.

Gaste is met koek en tee uit die boonste rakke bederf, terwyl hulle deur verskeie sangers en gassprekers vermaak is.

Daar was verskeie pryse te wen, insluitend ‘n geskenk vir die kleurvolste geklede gas aan elke tafel.

Die Phyllis Robertson-huis is ‘n nie-winsgewende organisasie, wat voltydse behuising aan sowat 60 volwasse gestremdes bied.
Die organisasie ontvang geen subsidie van die regering nie en al vra hulle ‘n klein maandelikse fooi vir behuising, bied hulle volle verblyf, drie maaltye per dag, mediese sorg en nog meer aan al hul inwoners.

Vir nog inligting, of om by te dra tot die huis, skakel Rina Bredenkamp by 073-610-0696.

Vir meer gemeenskapsnuus, like Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button