Community galleriesGalleries

Die perfekte manier om Sondae deur te bring

Silwerreën-teetuin het hul maandelikse teater in die tuin, kos en mark dag Sondag gehou.

Die Silwerreën-teetuin in Villieria het Sondag hul maandelikste teater in die tuin, kos- en kunsmark gehou.

Dié maand het Gerrit van der Merwe vir vermaaklikheid gesorg terwyl die reuk van braaivleis gesellig in die lug gehang het.

Volgens Bronwyn Doherty, die eienaar van Silwerreën-teetuin, is die teetuin sowat twee jaar gelede geopen en hulle hou gereeld geldsinsamelingsgeleenthede, insluitend die teater in die tuin, kos- en kunsmark, die eerste Sondag van elke maand.

“By ons maandelikse geleenthede is daar altyd braaivleis, vars pasteie en vermaaklikheid. Almal is welkom om ons te besoek en te ondersteun. By hierdie geleenthede vra ons ‘n klein ingangsfooi, maar die atmosfeer en die vermaaklikheid is fantasties,” het Doherty gesê.

Een van die gaste by Sondag se geleentheid, Sandra van Wyk, sê sy ondersteun graag die teetuin.

“Vandag se kunstenaar is puik en ek geniet dit om af en toe hier te kom kuier. Daar is altyd ‘n baie gesellige atmosfeer,” het Van Wyk gesê.

Behalwe vir die maandelikse teater in die tuin, kos- en markdag, hou die teetuin ook geldinsamelingsgeleenthede vir verskeie organisasies en gaan binnekort ‘n geleentheid vir die DBV en Wollies-diereprojek reël.

Vir meer gemeenskapsnuus en gallerye, volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Check Also
Close
Back to top button