Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Potjiekoskompetisie en pret by Phyllis Robertson-huis

Inwoners van Phyllis Robertso-huis het onlangs hul jaarlikse potjiekoskompetisie geniet met 'n vlooimark en lekker vermaaklikheid.

Die Phyllis Robertson-huis in Pretoria het Saterdag hul jaarlikste potjiekoskompetisie en vlooimarkdag geniet.

Dié potjiekoskompetisie, met ‘n wisseltrofee vir die beste potjie, is ten bate van die Phyllis Robertson-huis gehou.

Met Clive Bruce en die Rodeo Girls en Crew wat gesorg het vir vermaaklikheid, kon almal agteroor sit en die dag ten volle geniet.

Gaste het ook ‘n kans gestaan om groot pryse, geborg deur Fairway Hotel en Askari Lodge & Spa, te wen en die opgewondenheid was tasbaar.

Met gunstelinge soos pannekoek, sosaties, worsrolletjies en selfs lekker kolwyntjies, het gaste meer as genoeg lekkernye gehad om aan te peusel terwyl die potjies deur die dag gesellig geprut het.

Die Phyllis Robertson-huis is ‘n nie-winsgewende organisasie, wat voltydse behuising vir sowat 60 volwasse gestremdes bied.

Vir nog inligting, of om by te dra tot die huis, skakel Rina Bredenkamp by 073-610-0696.

Vir meer gemeenskapsgallerye en nuus, volg Rekord op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Check Also
Close
Back to top button