Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Eet en jol vir ‘n goeie doel

Besoekers het aan 'n mandjiedans deelgeneem en aan potjiekos gesmul vir 'n goeie doel.

Inwoners het onlangs litte losgeskud by ‘n mandjiedans vir ‘n goeie doel. Die mandjiedans, wat 27 Junie by Laerskool Saamstaan in die weste van Pretoria gehou is, het jonk en oud op die dansvloer gehad.

Die geleentheid, wat deur Fushion Dance Productions gereël is, is gebruik om, deur middel van dans en potjiekosdisse, geld vir leerlinge met ‘n passie vir dans in te samel.

Erna Breytenbach, organiseerder van die geleentheid, het gesê Fusion Dance Productions is ‘n groep wat deur Adriaan en Margaret Marais bestuur word en dansers aanmoedig om hulle drome te volg.

Sy het gesê hul vra geen fooi nie en maak staat op donasies en fondsinsamelingsgeleenthede, soos byvoorbeeld die mandjiedans.

“Elke kind by Fushion dans omdat hulle wil en omdat dit hulle passie is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button