GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Hoërskool Eldoraigne behaal eerste plek in Nasionale Gasvryheidstudies Olimpiade

Dus kan daar onomwonde gespog word dat hul gasvryheidsleerlinge nie verbrou nie, maar hulle is bakgat en kook behoorlik oor van trots!

Hoërskool Eldoraigne behaal ’n prestasie wat geen skool hom kan nadoen nie. Onder leiding van hul onderwysers, me Dorothy-Lynn Kempen en Chef Larozaan van Zyl het twee Eldoraigne leerders hulself in die jaar se Gasvryheidstudies Olimpiade onmisbaar gemaak.

Die hoof organiseerder van die Nasionale Gasvryheidstudies Olimpiade is die Departement Verbruikerswetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die skool behaal ’n eerste én ‘n derde plek in die Nasionale Gasvryheidstudies Olimpiade van 2018.

Dus kan daar onomwonde gespog word dat hul gasvryheidsleerlinge nie verbrou nie, maar hulle is bakgat en kook behoorlik oor van trots!

Cody Harvey behaal die eerste posisie. Sy pryse sluit in:

• Trofee met R500 kontant geborg deur die Departement Verbruikerswetenskap

• Universiteit van die Vrystaat drasak

• Resepteboeke

• Geskenkpak van Ina Paarman

• R25 000 studiebeurs geborg deur Food en Beverage Instituut

• Vaardigheidskurses en sertifikaat van Food en Beverage Instituut

• AMC Classis kookware ter waarde van R3 300

Lerika Potgieter behaal die derde plek in die kompetisie. Haar pryse sluit in:

• Resepteboeke

• Geskenkpak van Ina Paarman

• Anchor Yeast – R1 300 plus geskenkpak vir die leerder en R1 100 vir die onderwyseres

• Vaardigheidskurses en sertifikaat van Food en Beverage Instituut

Cody Harvey

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button