SKOOL: Soliste sing ’n storm los by Garsfontein Kunstefees
Die volgende leerders het toekennings ingepalm.
Die soliste van Hoërskool Zwartkop het besonders goed presteer tydens vanjaar se Garsfontein Kunstefees Gala-aand in September.
Die volgende leerders het toekennings ingepalm:
– Ariana Behr-Greeff ontvang die prys as die graad 8 graadwenner.
– iLana Hattingh was aangewys as die graad 10 graadwenner en kategoriewenner van die graad 8-10 Film / Musical kategorie.
– Melanie Janse van Rensburg ontvang die toekenning as die graad 11 graadwenner en kategoriewenner van die Afrikaans Gospel Senior kategorie.
– Jean Scheuer het ’n spesiale toekenning ontvang vir veelsydigste deelnemer en was ook aangewys as kategoriewenner van die Gospel graad 11 tot oop kategorie, die Film / Musical graad 11 tot oop kategorie sowel as die Ander Taal Senior afdeling.
– Bernard Lubbe het weggestap as kategoriewenner van die Afrikaans Pop graad 11 tot oop kategorie asook die Country Senior afdeling.
– Danielle van der Merwe was aangewys as kategoriewenner van die Jazz graad 11 tot oop afdeling.
– Simoné Malan was gekroon as kategoriewenner van die graad 8 – 10 afdeling.
Beaté Els was die algehele wenner vir 2018 en het ook die volgende afdelings gewen:
– Graad 12 graadwenner
– Pop graad 11 tot oop
– Afrikaans film Senior
– Rock senior
– Duet senior (saam met Chandré Engelbrecht)
Baie geluk aan al hierdie leerders. Ons sal die CD winkels dop hou vir julle debuut-albums.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.