GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Laerskool Swartkop – Krieketsterre in wording

Laerskool Swartkop wen met 201 lopies.

Laerskool Swartkop het jong krieketsterre wat besig is om al die rekords te laat kantel.

Ruan Steyn en Angus Myers wat deel is van die o.9A-span het ’n pragtige tweede paaltjie-vernootskap van 240 lopies behaal teen Laerskool Du Preez van Wyk.

Ruan het 128 lopies van 77 balle, nie uit, geslaan. Angus Myers teken 42 lopies aan van 62 balle.

Laerskool Swartkop wen met 201 lopies.

Met hul volgende wedstryd teen Bakenkop behou Steyn saam met Nicolaas Coetzee op ’n eerste paaltjie-vernootskap van 213 lopies.

Steyn het 70 lopies van 75 balle en Nicolaas teken 56 lopies van 86 balle aan. Die span wen met 149 lopies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button