GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SCHOOL: Laerskool Wierdapark se o.12-netbalspan is SA kampioene!

Die span het hul harte uitgespeel.

Ons o.12-netbaldogters het besonders goed presteer hierdie seisoen. Ons het tydens die Aprilvakansie gaan deelneem aan die Zwartkloof-toernooi en die eerste plek verower.

Ons wen die Super 12-toernooi en is dit dan ook die begin van ons liga gewees. In ons liga het ons goed gevaar en kon ons deurdring na die Gauteng-kampioenskap.

Tydens die Gauteng-kampioenskap het ons eerste geëindig en was ons die wenners van die dag. In Julie het hierdie hardwerkende en gedissiplineerde span gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Top Skole- byeenkoms in Bloemfontein.

Die span het hul harte uitgespeel en Laerskool Wierdapark verwelkom die Suid-Afrikaanse kampioene vir 2018.

Ons wy hierdie sukses toe aan harde werk, toewyding, dissipline en liefde vir die sport van beide elke meisie en elke afrigter. Ons sien uit na wat hierdie span in die toekoms gaan vermag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button