GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Goud vir Eldoraigne by netbal SA’s

Eldo’s het die geleentheid aangegryp en hul harde werk van die seisoen met sukses afgesluit.

Hoërskool Eldoraigne het die afgelope naweek bewys dat netbal diep gewortel is in dié skool, met twee van hul spanne wat die afgelope naweek tydens die Suid-Afrikaanse Skole.

Netbalkampioenskappe in Boksburg, ’n goue medalje verower het. Vanaf Vrydag, 20 Julie, het 23 spanne per ouderdomsgroep hoë standaard netbal gespeel.

Eldo’s het die geleentheid aangegryp en hul harde werk van die seisoen met sukses afgesluit.

Die o.14-span het hulle baie goed van hul taak gekwyt en tydens die kwarteindronde met Hoërskool Zwartkop afgereken, Hoërskool Ben Vorster van Limpopo gegroet by die halfpadmerk en in die finaal met Afrikaans Hoër Meisies afgereken.

Me Zanne-Marie Pienaar, self ’n provinsiale en nasionale speler, as afrigter, tesame met die buite-afrigter, me Christa Kruger, het ’n groot bydrae tot die span se sukses gelewer.

Die o.16-span, met me Suzeth Kotze as afrigter, het veggees getoon vanaf die eerste ronde.

Twee spanne van Noord-Wes provinsie het in hul pad gestaan na die finaal.

Hul het onderskeidelik vir Hoërskool Bergsig in die kwarteindronde en Potchefstroom Gimnasium in die halfeinde getroef. ’n Klipharde eindstryd het gevolg. Die Eldo’s was baas in die finaal teen die buurskool Hoërskool Zwartkop, met ’n telling van 23-21.

0/16-Span: Carla van Rooyen’ Tania Slabbert, Christina van der Merwe, Megan de Clerk, Crystal Shahia
Simone Landman, Celeste Mulder, Morgan Shaw, Saskia Brandt
0/14-Span: Simone Heymans, Kristie van der Walt, Marli Harmse, Amone Venter, Jone Wildenboer, Elnette van den Berg, Sune Muller, Cayde-Leigh Joseph, Elme Mienie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button