SKOOL: HS Eldoraigne – SA Kampioenskappe Trompoppies
"Julle het julle fantasties van julle taak as afrigters gekwyt. Ons ouerkomitee, aantrekma’s en ál die ouers – sonder julle is ons niks.”
Baie geluk aan Hoërskool Eldoraigne se trompoppies met hulle puik prestasie tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap se finaal, wat 7 Julie in Oudtshoorn plaasgevind het.
Die finale uitslae van die Elite Squad is soos volg:
Groepe:
Non-prop – Tweede
Flag – Tweede
Throwing prop – Derde
Baton – Derde
Klein roetine:
Leidster – Tweede
Subleidsters – Derde
Squad – Tweede
Display – Tweede
Algeheel – Tweede
Groot roetine:
Leidster – Tweede
Subleidsters – Vierde
Squad – Vierde
Display – Tweede
Algeheel – Tweede
Kampioen van kampioene:
Saint Dominics – Eerste
HS Eldoraigne – Tweede
Durban Girls – Derde
HS Hottentotsholland – Vierde
HS Eldoraigne se span is ook uitgenooi om vanaf 21 – 23 September in Kaapstad deel te neem aan die wêreldkampioenskap.
“Ons is só trots op ons puik span,” sê die skool.
“Hulle is ’n voorbeeld van deursettingsvermoë, hardwerkendheid en toewyding. Hierdie eienskappe, gekombineer met hope talent en ’n doelgerigte ingesteldheid om te wen, maak hul suksesvol.
“Christine Pretorius, Nicola Haynes-Smart en Veronica Stiglingh – julle het julle fantasties van julle taak as afrigters gekwyt. Ons ouerkomitee, aantrekma’s en ál die ouers – sonder julle is ons niks.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.