GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Laerskool Louis Leipoldt vier 70e verjaarsdag

Die mikpunt was 70m se baadjies en 70 blikkieskos vir elk van die sewe graadgroepe.

Laerskool Louis Leipoldt in Centurion vier hierdie jaar hulle 70e verjaarsdag en saam met dit 70 jaar van diensbaarheid.

Hulle het op die eerste dag van winter (1 Junie), 06:30 die oggend in die vaal mistigheid ’n 70m-wasgoeddraad wat hulle gespan het met helderkleurige warm winterbaadjies begin behang en opgewonde torings gebou van die blikkieskos wat hulle ingesamel het.

Hulle het aan die radiostasie GROOT FM se #blikkiesenbaadjies-winterprojek ten bate van PEN en Helpende Hand deelgeneem.

Die mikpunt was 70m se baadjies en 70 blikkieskos vir elk van die sewe graadgroepe. Beide hierdie doelwitte is oorskry met ’n 90.5m draad en dan sommer nog ’n paar swart sakke klere daarby en meer as 700 blikkies kos!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button