Community galleriesGalleries

GALLERY: Swier en glans by die jaarlikse rooi rose KANSA-tee

By vanjaar se jaarlikse rooi rose KANSA-tee is ouder gewoonte hulde gebring aan diegene wat deur kanker geraak is, maar daar is ook behoorlik feesgevier. rooi rose vier vanjaar hulle 75ste bestaansjaar.

Vere, koeke, interessante versiersels en die allermooiste uitrustings was die tema van die dag by die jaarlikse rooi rose Kansa-tee in samewerking met SPAR wat die afgelope week by die Saint George’s Hotel in Doornkloof gehou is.

Nie net het die vroue, en enkele here, in hul massas opgedaag nie, maar Rooi Rose vier ook vanjaar hul 75e bestaansjaar.

Daar is reeds van vroegdag af feesgevier met die doel om hulde te bring aan diegene wat deur kanker geraak is. Die bekende televisiepersoonlikheid en nuusleser, Riaan Cruywagen was aan die stuur van sake as seremoniemeester waarna Toks ‘n Tjops-aanbieder, Janina Oberholzer, wat self reeds ‘n pad met kanker gestap het, die gaste in trane gehad het met haar getuienis en storie.

Volgende aan die beurt was die Glam Guru homself, Hannon, met staaltjies en wenke oor skoonheid, oorbelle en selfbeeld. Daarna is die partytjie behoorlik afgeskop met bekende plaaslike sangers Willem Botha en Jo Black.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button