Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNews

Oud-Bul trou stil-stil

Oud-Bull trou stil-stil met sy donkerkop-liefde.

Rugbyheld Gerhard van den Heever en sy donkerkop Kaapse-skoonheid Elsje het in Junie stil-stil die knoop deurgehaak op ‘n eksklusiewe wynplaas in die Wes-Kaap.

Dié oud-Affie-leerling, wat in Centurion grootgeword en ook vir die Blou Bulle en later die Stormers uitgedraf het, het op 21 Junie ewige trou beloof aan sy meisie van byna drie jaar, voorheen ‘n nooi Herbert.

Die paartjie het by Rhebokskloof in die Paarl getrou met net hul naaste familie en vriende en die natuurskoon as getuies.

Volgens Gerhard se pa Cules kom Elsje van die Strand af. Gerhard is in November verlede jaar Ierland toe op ‘n tweejaar-rugbykontrak met die klub Munster terwyl sy haar studies tuis voortgesit het.

Die pasgetroudes is sowat twee weke terug Ierland toe waar hulle hul in die stad Limerick gevestig het.

Bekendes wat die troue bygewoon het sluit in Dewald Potgieter, CJ Stander en Brok Harris.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button