Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Centurion braai saam

Centurion kuier lekker saam.

Inwoners van regoor Centurion het Saterdag bymekaar gekom vir die Centurion, Ons Gaan Nou Braai-fees.

Oud en jonk het die dag saam deurgebring en die unieke Suid-Afrikaanse ding gedoen – braai. Besoekers het hulle eie vleis gebring, gebraai en lekker saam gekuier.

Johan Lee, een van die organiseerders, sê die gedagte was om gesinne byeen te bring.

“Centurion het nie ’n behoorlike fees nie, en ons wou dit verander. Hierdie dag is ’n wonderlike manier vir families om saam te kuier en saam te braai.”

Daar was ’n mark met stalletjies wat allerhande interessanthede verkoop het, soos serpe, gekleurde kontaklense, lekker soethappies en pap en sous.

Raadslede van wyke regoor Centurion het die dag bygewoon en inwoners het ‘n kans gehad om te gesels oor probleme in hul omgewing.

Sekuriteitsmaatskappye Monitor Net en Orange Fox en paramedici het die dag bygewoon. Lootjies is getrek vir ‘n helikoptervlug en die gelukkige wenner en raadslede kon Centurion vanuit die lug sien in ‘n Orange Fox-helicopter.

Vir gratis nuusflitse en gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button